Notice: Undefined index: HTTPS in /home/credit4meco/public_html/page_job.php on line 71
Tuinwerker - Nutsman at Admin / C4M Vacancies
0

applicants

Part-time Tuinwerker - Nutsman

at Admin in Johannesburg

Ek soek ‘n sterk en fluks voormalige weermag- of polisie lid (of seun van so 'n persoon wat goeie maniere het) wat finansiëel onafhanklik is en ekstra sakgeld wil verdien. Jy moet gemiddeld een Saterdag per maand, afhangende van my skedule, in die suide van Johannesburg kan werk. Meestal tuinwerk – skoonmaak, onderhoud, takke saag, vuilgoed optel. Baie skoonmaak werk aan die begin, daarna meestal onderhoud. Dan ook voertuie was, dak klim en geute skoonmaak, selfs ‘n paal of twee plant en ‘n sinkplaat vasslaan. Moet ook kan help met ander basiese onderhoud in en om die huis, verf, vensters was, krane vervang, geute vervang, gloeilampe vervang, klein bietjie houtwerk. As jy ‘n moersleutel kan gebruik tel dit in jou guns en as jy so bietjie kan sweis nog meer. Alles sal nie op een dag gebeur nie – hierdie is ‘n langtermyn projek. Ek sal jou elke dag presies sê wat ek gedoen wil hê maar is ook oop vir voorstelle en idees van jou kant af. Die belangrikste is dat ek en jy goed oor die weg kom, en dat jy en my groot honde oor die weg kom. Hulle byt as jy nie lekker lyk nie. Jy, my honde, en ek probeer mekaar een of twee Saterdae, en daarna beluit ons of ons verder gaan aangaan. Ek kan dalk help met soortgelyke geleentheid in Krugersdorp ook en ek sal jou aanbeveel as ek dink jy is dit werd. Vergoeding is markverwant en jy word per uur betaal - jy is welkom om op die dag te werk van die son opkom tot die son ondergaan. Die belangrikste is dat ons mekaar eers sal ontmoet, en as ek besluit dat ons verder kan gaan jy ‘n kriminele oortreding ondersoek sal ondergaan waarvoor ek sal betaal. As daar ‘n problem is praat eerder daaroor as om dit te probeer wegsteek.

Solank jy hierdie advertensie sien kan jy aansoek doen, ek is altyd opsoek na betroubare persone en ook Plan B persone as Plan A persoon nie beskikbaar is nie. Die goeie ouens sal geroteer word. Die nie-goeies sal nie weer gebruik word nie.

E-pos tuinwerker.nutsman@gmail.com

Whatsapp: 0726422484



« Go back to category
Is this job ad fake? Report it!   
Recommend to a friend
Published at 2019-11-06
Viewed: 3 times